Hulle sê gemengde gevoelens is wanneer jou skoonma met jou nuwe motor oor ’n afgrond ry. Te oordeel aan die onmiddelike reaksie van sommige internet “keurders” onderaan berigte is die einde van die wêreld in sig.

Kom ons kyk bietjie nugter na die saak.

Die keuse van Jesse Kriel op vleuel is net so onverwags as sy insluiting op senter en kyk hoe het hy ons almal tjoepstil gespeel.

Jean de Villiers se insluiting op buitesenter is interessant. Dit is waar hy lank gespeel het voor hy in sy latere jare binnetoe geskuif het. Hy het selfs verskeie kere vir die Bokke op vleuel uitgedraf. Of hy nog die nodige spoed het om buitesenter te speel, is onwaarskynlik, maar die hele agterlyn se ritme en momentum sal daarmee heen wees as De Allende buitesenter of vleuel sou speel.

Mens sou graag wou sien wat Heyneke met Pat Lambie beoog. Na Pollard se harsingskudding sou dit baie meer sin gemaak het om Lambie op losskakel, of selfs heelagter te kies om sy selfvertroue te herwin. Willie le Roux en Pollard is reeds van hul plekke in die span verseker en speelkans vir Lambie of Morné Steyn sou waarskynlik moontlike vrae oor hul vermoëns beantwoord het.

Dieselfde kan van Ruan Pienaar gesê word. Sy plek in die finale groep is n uitgemaakte saak – waarom dan nie vir Reinach in die beginspan kies en Rudi Paige of Faf de Kerk ook speelkans gee nie? Is hier nie dalk nóg ’n Jessie Kriel wat homself kan bewys op die hoogste vlak nie?

Voorlangs kan mens seker nie te veel kla nie, want teen die Argentyne waag jy nie hier nie. Beast is besig om sy vorm te herwin en Koch verdien nog ’n kans na sy goeie seisoen vir die Stormers. Kom ons vertrou dat sy hanteerwerk die afgelope week ewe veel aandag as sy skrumwerk gekry het.

Dit is baie goed om Pieter-Steph du Toit terug te sien as plaasvervanger en Adriaan Strauss sal sekerlik wil bevestig dat hy nog die kragtige impakspeler is wat hy in die verlede was, veral wat sy ingooie by die lynstaan betref.

Ek hou net duim vas dat die plaasvervangers volgens Heyneke se oordeel aangewend kan word, en nie deur beserings genoodsaak word nie. Dit het ons die toetse teen beide die All Blacks en die Wallabies gekos.

And then there is player 31. In case you need reminding of Romain Poite’s officiating in September 2013, click here to see and hear Nick Mallett’s reaction. Unfortunately, there is nothing we can do about this, except maybe be thankful that the match is not a crucial one against the All Blacks again. Touch wood.

Australia/All Blacks

Englishman Wayne Barnes, a card shark in his own right, will handle the whistle in the Championship “final” in Sydney.

After the farce that was Hooper’s tap on the wrist, it will be a great game to watch. The Wallabies have really grown in stature under coach Cheika. They will need something special, having drawn two and lost eight of their last 10 matches against New Zealand.

Hooper and Pocock showed just how effective a duo they can be against South Africa, and will hope to at least slow down All Black possession and nullify their exciting brand of rugby.

Being conservative, my money is on the All Blacks, particularly with Poite safely ensconced in Durban, and Bryce Lawrence not in the frame at all.