Die herrie wat Rassie Erasmus se wedstrydontleding van die skeidsregter se foute ontlok het, is nie die eerste keer nie. In 1995 het die Engelse kaptein homself ook die gramskap van die establishment op die hals gehaal:
Channel 4 broadcast the Fair Game programme in which England captain Will Carling referred to the RFU’s committee as “57 old f@rts”. Twenty-four hours later, Carling, who led England to the Five Nations Grand Slam in 1991, 1992 and 1995, was sacked. It was a story that grew and grew until he was reinstated. Although the headlines were dominated by the old-f@rt remark, the bigger issue was about the lingering pretence of amateurism. “Everyone seems to do well out of rugby except the players,” he said. “It has become more than a fun game … what gets me and a lot of players is the hypocrisy of the situation. Why don’t we just be honest and say there is a lot of money in the game? It is becoming a professional game.”
Die Rassie-kwessie is vandag voorbladnuus in Die Burger. Op die agterblad verskyn ’n berig oor ’n wedstrydontleder wat fel kritiek in die openbaar uitspreek teen die skeidsregter in Sondag se sokkerwedstryd tussen SA en Ghana. Dié kalant het 33 foute gemaak, waarvan 30 teen SA, en op kritieke tye van die wedstryd. Die verslag is tydens ’n konferensie aan die media voorgelê.
Vergelyk dit nou met die heksejag op Rassie s’n. Ek is nie seker dat sy verslag “per ongeluk” deur ’n onbekende persoon uitgelek is nie, maar dit was dalk al manier om die ongerymdhede aan die ka(a)k te stel.
Na die beste van my wete word daar niks gedoen om te verhoed dat dit wat Rassie uitgewys het, aan te spreek nie. Al gevolg is dat die Berries van die rugbywêreld waarskynlik sal toeneem, en die Jonathan Kaplans en Nigel Owenses al minder tuis sal voel in ’n omgewing waar uitnemendheid onder die maatemmer van gemiddeldheid verbloem word.
En sokker sal groei, en rugby sal bloei.